Ek het deesdae ‘n “to-do-list” wat so lank soos ‘n toilet rol is….
Die ergste is niks word van daardie lys geskrap nie.
Ek moet vakansie planne maak. As jy dit nie nou doen nie, kan jy maar los. Ek dink dis in elk geval te laat …..
Dan die ander klein dingetjies, vorms moet ingevul word, Seun se eksamen gelde moet betaal word, rekeninge moet betaal word, karre moet vir diens geboek word, ek moet oefening inkry, vriende besoek, dan moet ek nog lewe ook…. o ja, ek moet iets sinvol op my blog plak ….. blah, blah, blah…..
Dan jaag ons nog om die kontrakte klaar te kry daar kom ons darem êrens!
Nee ek dink ek moet net alles begin ignoreer, miskien sal dit vanself verdwyn….
whahahaha
Sê net asseblief vir my dit gaan ook so dol by julle, dan sal ek beter voel
Ns: O ja…… en ek het my beursie oopgemaak om my boek te gaan koop! My geldjie het gebrand om belê te word. Wat is nou lekkerder as om dit te gaan uitgee by Exclusive books. Dus ek het vandag opsy gesit om te lees, ek kruip weg met ‘n boek onder die bome!!!
Tags: mense van my asem



Oktober 12, 2008 at 4:02 nm |
Jy is SKERP! en TE besig! Wens partykeer mens kan daardie “to-do” lysie wegsmyt sonder nagevolge. Hier by die see is alles mos manjana!
Oktober 12, 2008 at 4:27 nm |
Ai, ai, ai!!! Dan skryf jy net om te sê jy gaan minder skryf??????? Dankie vir die post Siamees… Lekker lees
en sterkte met alles…
Oktober 12, 2008 at 4:38 nm |
Dit gaan oral woes Wip!
Sterkte mater!
Oktober 12, 2008 at 4:42 nm |
My vakansie is tog gereel
Terloops ek gaan vir ten minste twee weke nie ‘n die woerwereld wees nie.
Wippie as ek nie op jou ander woernale kommentaar los nie is dit nie omdat ek vir jou kwaad is nie.
Ek het al probeer. Een keer dit selfs reggekry dink ek, maar dis nie maklik nie.