Ek swaai die groot swaar antieke deur oop na my geheime tuin….. Ek verbeel my ek sien vlerkies tussen die rose. Daar is die sagte geluid van water wat oor die klippe kabbel …… dis dig toe gegroei met bome en struike… daar is ‘n paadjie wat na êrens lei….
Ek loop op die mosbegroeide paadjie, die blare word liggies deur die wind gekielie…swiesh…swiesh…dan is daar ‘n plekkie links …….skoenlappers vlieg orals rond in die helderste kleure……
Die heelal sing die mooiste lied ….
Ewe skielik is daar hierdie wonderlike asemrowende plek voor my, ek is sprakeloos, dis sprokiesagtig en orals hang die geure van liefde en vrede… Dis die paradys, tuin van Eden.
Nee ek was nog nooit in die Paradys nie, wel ek was amper daar maar nog nie!
Maar ek het hier op aarde ook so Paradys, waar ek liefde en vrede kan vind. Dis nou nie so groen en magical soos in my drome nie, maar dit is die plek waar ek liefde en geluk voel en kry …. dit lig my op dat dit voel of ek in die hoogste wolke sweef…
Daar kom vrede oor my, ek raak kalm en aanvaar enige ding wat die lewe na my kant toe gooi… ‘n Engel lewe ook in hierdie paradys van my ….. ‘n “Guardian angel”
In hierdie plek blom die blomme van jou hart in wonder mooi kleure. In die lug hang soet geure van liefde, aanvaarding en empatie…..
Hierdie is nie die Paradys, dis maar net ‘n doodgewone tuin…..
Ek is nie altyd in La-la land nie, soms het ek vreeslik geite wat uitpeul, soos hier!
Dan kry ek skaam soos die Pixie hieronder….. maar ook nie vir te lank nie. Want wat my mond van oorloop is my hart gewoonlik van vol.
Hierdie inskrywing is hoofsaaklik gemaak, omdat ek vir Bottertjie baie dankie wil sê vir my pragtige header. Ek dink dit is “Magical”
Ons is nog vrek besig, daarom dat hierdie ‘n foto inskrywing is. he he Maar met die eerste reën sal ek weer hard op my lande kom ploeg!!
Groete
Click op die foto om dit groter te sien!
Dan het ‘n groot gees besluit om ook ‘n blog oop te maak!!!
WELKOM WHITE KNIGHT!!!!
Ek weet sommer ons gaan lekker kuier by jou!!!
Tags: garden, geheime tuin, secret garden, tuin, veilige hawe, White Knight







Oktober 8, 2008 at 6:49 nm |
Wipneus
…daar kom vrede oor my ook…:wink:
Was Bottertjie nie dan Antjiesomers se kreatiewe hulp nie?
Jou header is absoluut stunning!
Oktober 8, 2008 at 6:57 nm |
Hi Sammi,
Om vrede te hê is wonderlik, dis net so jammer sommige mense hou nie daarvan nie. Shame dis sad!
Was Bottertjie, Antjie Somers se hulp???
Ek is ook mal oor my nuwe header!!!
Oktober 8, 2008 at 7:24 nm |
Ai Wippie, jou tuin is pragtig. Ons tuin is nog ‘n “jong” een so die plante is nog nie so dig nie, maar alles blom darem mooi.
Het baie groooot bome en alles groei nie onder dit nie, maar ek en Liefie het nou ‘n beter plan. Dit lyk of dit op die ou einde darem mooi sal wees.
Darem kan ek ok daar onder die groot boom op die bankie gaan sit en net afkoel in die koelte.
N.S. Daai Marie Antoinette van jou loop darem vreeslik rond (of is daar meer as een)
Oktober 8, 2008 at 8:01 nm |
Dit is nou nie meer ‘n geheim nie.
Oktober 8, 2008 at 8:04 nm |
Bottertjie kan maar.
Oktober 8, 2008 at 8:19 nm |
Hi Saloom, dis lekker as mens se tuin nog jonk is, myne was ook jonk toe ons hier ingetrek het. Dan kan jy hom beplan soos dit in jou drome is…. jou eie magic plekkie
Ek is mal oor groot bome, Clivia’s groei baie mooi daar en selfs fuchias!! Jy kan ‘n tropiese tuin maak!!
My Marie Antoinette maak my gedaan, sy het nou die dag vir my “gepose” op al die plekke in die huis en tuin…. sodat as ek weer begin blog is die klein merrie se foto’s klaar gelaai en reg!! whahahaha
Lekker aand verder!!
Hi Adrie, dit is nogsteeds ‘n geheim, want jy weet nie waar daardie swaar deur is nie
Jy is reg Bottertjie het my header vreeslik mooi gemaak! So asof sy in my hart ingekyk het. Ek was so verras en bly!
Oktober 8, 2008 at 8:36 nm |
Loer gou hier in…..
Jou nuwe header is absoluut stunning!!!!!
Tsk, en ek wens die reën wil nou bietjie Gauteng toe trek en my vakansie uitlos!
Oktober 8, 2008 at 8:56 nm |
Hi Zee baie dankie vir my foto’s dit is so pragtig!! My hart het natuurlik weer spookasem geword!!!
Dit het net-nou begin drup, ek sê: Nee net nie nou nie, ek het belowe ek begin blog as dit reën….. whahaha toe hou dit op reën
Oktober 8, 2008 at 9:10 nm |
Koewie…ekt net gou kom inloer om te fluister: een van my hoogs geheime gadgets het ‘n reendruppel of twee bespeur in en om Pretoria…so daarsy jou klippie wat jy met die kettie in die maan geskiet het lyk my werk toe lat die hasie in die maan begin piepie
Oktober 8, 2008 at 9:15 nm |
Luister parra, kan ek maar jou intro op hierdie inskrywing vervorm into a poem hmmm? dis baie mooi…maak my lus om te dig…
Oktober 8, 2008 at 9:44 nm |
DEVINE!!!!! SIAMEES!!!!! Dis stunning!!! Jou tuin is ook pragtig, maar oooeee ek wens ek kon een nag saam met daai feetjie kuier!!! Dit is kosbaar….
BTW – Ek waarsku jou as dit nie binne die volgende week reën nie, is ek reg met my byl en my g-string vir daai reëndans!!!
Oktober 9, 2008 at 4:55 vm |
Wonder of iemand nie so gaaf al wees en vir my ok o oulike header maak nie?
Baie nice Wippie
Oktober 9, 2008 at 4:56 vm |
Kan nie eers spel nie maar soek hulp. Weeee jy!
Oktober 9, 2008 at 8:05 vm |
Ek hou baie van jou tuin! So half ‘n plek om heen te vlug?
Oktober 9, 2008 at 8:30 vm |
Jou nuwe header is STUNNING! Dit is ala “Wipneus” en ek hou daarvan. Jou tuin is net so mooi.
Oktober 9, 2008 at 9:45 vm |
Jou tuin is sooo mooi! Ek kan verstaan hoe jy daar kan wegraak.
En jou nuwe header is net so stunning. Ja, Bottertjie en Antjie het op ‘n stadium saamgewerk, maar Antjie het lank terug al ophou blog. En nou is Botter ons ster!
Oktober 9, 2008 at 10:29 vm |
Wips, ek wonner of ek die eenigste een is wat nie jou header kan sien nie?
Stuur jou ‘n screenshot van wat ek kan sien…
Oktober 9, 2008 at 10:48 vm |
Baie mooi en magical header.
Ek het ook ‘n wegkruipplek nodig…
Oktober 9, 2008 at 11:37 vm |
Puik nou sien ek hom!
Moes net refresh….☺
Oktober 9, 2008 at 12:00 nm |
Baie mooi, lekker dag verder.
Oktober 9, 2008 at 12:23 nm |
Die tuin van jou is pragtig! Mens moet `n plekkie hê om iewers heen na weg te breek en wat lekkerder as jou eie tuin..
Oktober 9, 2008 at 1:27 nm |
Halllo Muriel
Jinne, maar dis ‘n mooi inskrywing – jy moet daaraan dink om ‘n boek te skryf!
Jou tuin lyk pragtig.
Lekker dag vir jou.
Oktober 9, 2008 at 2:11 nm |
Bottertjie het die vermoe om die mooiste header te maak.
Lekker dag vir jou Wippie
Oktober 9, 2008 at 2:28 nm |
Wip, as ek jou die kuns mag afvra: Hoe kry jy die “handtekening” onderaan jou inskrywing?
Oktober 9, 2008 at 3:18 nm |
Dalk is wippie ‘n regte feetjie…
Oktober 9, 2008 at 6:35 nm |
pragtige header…magical
Oktober 9, 2008 at 10:19 nm |
Jou tuin is pragtig!
Wat het van Antjie Somers geword? Ek weet sy’t opgehou blog maar dwaal sy nog hier iewers rond?
Mis haar nogal, sy was een van die eerste blogs wat ek ooit gelees het.
Oktober 10, 2008 at 7:42 vm |
Pragtige header! en daardie tuin! ek love it!
Oktober 10, 2008 at 11:18 vm |
Jou header en tuin is pragtig.
Mis ook vir Antjie Somers… Miskien tyd dat sy weer begin blog. Botter moet met haar praat.
Oktober 10, 2008 at 11:18 vm |
Jou header en tuin is pragtig.
Mis ook vir Antjie Somers… Miskien tyd dat sy weer begin blog. Botter moet met haar praat.
Oktober 10, 2008 at 3:18 nm |
Sjoe, dit klink na ‘n lekker plek Wippie!
Jou header is so mooi.
Oktober 10, 2008 at 8:22 nm |
Pragtige tuin wat jy het … dit lyk heerlik koel en na ‘n plek waar mens kan kuier.
Oktober 10, 2008 at 8:57 nm |
Ek hou baie van jou header Wip! En daai Pixie is te sweet!! Ek sal kan wegraak in jou tuin, dis só mooi!
Lekker naweek vir jou vriendin!!
Oktober 11, 2008 at 9:37 vm |
♪♫♪♫REëN! Doem, doem, doem, REëN! Doem, doem, doem, REëN! ♫♪♫ /me dans hier rond met my g-string en byl! ♫♪♫ REëN! Doem, doem, doem, REëN!!!!!
Oktober 11, 2008 at 6:00 nm |
ons het ook vandag in die tuin gewerk! ewe sonneblomme, blaarslaai en kool gesaai
kannie wag vir die blomme om op te kom nie
Oktober 12, 2008 at 1:50 nm |
007, Ja jy kan dit enige tyd in ‘n poem omskep!! Jammer ek kon nie die maan raak skiet met my kettie nie!!! Die reën bly ons ontwyk!
Pikkie dankie, hoe ver is jou feëtjie tuin?
Alta dankie ek is seker sy sal vir jou ook een maak as jy haar vra
Carina ek vlug altyd soontoe! Dis regtig my geheime plekkie waar ek rus kry!!
Dankie Ogies, ek dink ook Bottertjie het dit alles en nog meer in die header saamgevat! Ek is dol daaroor!!!
Dellie ek het nie vir Antjie geken nie. Is jy ook lief vir tuinmaak?
Ice ek is bly my eerste voorstel het toe gewerk! Hoop jy hou lekker naweek!!
Voetjies daar is so baie mooi wegkruip plekke in Korea. As jy gaan wegkruip moet asseblief net nie jou kamera vergeet nie. Ons wil ook sien
Oktober 12, 2008 at 1:53 nm |
Meermin ek hoop jy het ook ‘n baie lekker naweek!
Witperd deesdae is mens se eie plek die veiligste om weg te kruip!! Dankie vir die kompliment
Hello Ninette
Ek hoop jy en jou kinders het ook ‘n lekker naweek!
Dankie ek is nogal mal oor my tuin!
Hi Neyks, ja Bottertjie maak magic met ons headers !
Lekker naweek vir jou ook!
Bib ek hoop jy speel lekker
Rosie ek wens ek was ‘n feëtjie, maar ek struggle met die humeur, dis monsteragtig
Oktober 12, 2008 at 2:04 nm |
Cebella dankie, Ek hoop julle het die tuinmaak geniet! Jy moet nou vir ons foto’s wys
Maxie ek weet ook nie waar is Antjie nie, hopelik lees sy en kom weer vir ons kuier
Nikita, my tuin is hoog op my prioriteits lys. Wees verseker dit is baie werk! Maar lekker werk
Dankie Roer, ja Bottertjie moet bietjie met Antjie praat
Eilandjie dit is vir my die lekkerste plek op aarde, behalwe natuurlik nou agter my teleskoop! whahaha
Sandra Sheikh Teddie het spesiaal vir my ‘n plekkie gemaak in die tuin waar ek my vriendinne kan onthaal!! Ons kuier ‘n hond uit ‘n bos uit daar
Hello Reisiger, dan is dit tyd dat jy moet kom kuier! Ek is mal oor daardie pixie. Dus ek versamel nie net feëtjies nie, dis ‘n hele magical plekkie wat ek daar het. Engele, feëtjies, Pixies, trolle, kabouters, towenaars, hekse ens ens
Pikkie whahahaha, ek hoop jou reëndans werk “Reën koningin” !! Ek wag ook maar vir die reën. Dis nogal lekker om so laaang blog vakansie te hê!! Raai waar het ek dit geleer?
Cebella ek kan nie wag vir die foto’s van die sonneblomme nie. Ek is gek oor sonneblomme!!!!!
Oktober 12, 2008 at 4:40 nm |
Wip, my kamera is mos aan my vasgeplak….
Daar is nie nou tyd vir wegkruipertjie speel nie, al wil ek hoe graag!
3 weke!!!!