Kry ‘n passie vir pienk…..
KANSA (Kankerverenging van Suid-Afrika) versoek alle vroue om hulle borste elke maand te ondersoek om borskanker vroeg op te spoor en lewens te red. KANSA bevorder bewustheid van borsgesondheid tydens Oktober, wat ook internasionale Borsgesondheids-maand is.
Vandeesmaand gaan vroue wêreldwyd pienk linte dra om mekaar te herinner en aan te moedig om borskankerbewus te raak.
Die algemeenste waarskuwingsteken van borskanker is ’n verdikking of knop in die bors. Vroeë diagnose en behandeling verbeter ’n vrou se oorlewingskanse en verminder die behoefte aan ingrypende chirurgie. Hoe langer die vertraging voor die kanker gediagnoseer en behandel word, hoe groter die kans dat die kanker deur die liggaam sal versprei, en hoe kleiner die oorlewingskans.
Talle van die faktore wat vroue in gevaar stel om borskanker op te doen, is ongelukkig buite hul beheer. Maar hulle kan beslis hul oorlewingskanse verbeter deur ’n gereelde ondersoekprogram te volg, op die uitkyk te wees vir veranderings in hul liggame en deur hulself goed op te pas.
Wat is ‘n mammogram?
Dis ’n lae dosis bors X-Straal wat kanker in die bors kan opspoor selfs nog voor ‘n knop gevoel kan word. Dit is tans die beste metode van opsporing. Indien jy oor 40 is, is dit raadsaam om ‘n mammogram elke 1-2 jaar te hê. Dit word egter nie vir vroue onder 40 as ‘n roetine ondersoek aanbeveel nie.
‘n Mammogram kan kanker opspoor jare voor jy kan.
Could you feel me there?
My arms were wrapped around you,
And I was stroking your hair.
I was talking about all the good times,
For me they were every single day.
I wanted you to feel love and comfort,
And happy in some way.
I watched your every breath,
And prayed that each one wasn’t your last.
The time we got to share together,
Went by too quick…Too fast.
I wanted you to wake up,
Please Mum…Open your eyes.
Tell me this is a nightmare,
And not our goodbyes.
As your last breath grew closer,
We layer there peacefully together.
My heart continually breaking,
Because I wanted you forever.
Then there it was,
Your final breath of air.
I didn’t want to believe it,
This is so cruel and not fair.
I held your beautiful face,
And prayed you’d breath again.
I wasn’t ready for you to go,
I couldn’t admit that this was the end.
But then I realized that you were now in peace,
And not suffering anymore.
You were beginning the life of an Angel,
And your body would no loner be sore.
I held you close and squeezed you tight,
And tried to say goodbye.
I’ve lost my Mum and my number one best friend,
All my heart could do is cry.
I slowly got up,
I wanted so much to stay.
I leaned over and gave you one more kiss,
It was so hard to walk away.
Mum you are my entire world,
And I miss you so very much.
I wish I could feel your loveable cuddle,
And your soft and gentle touch.
But for now I have to wait,
Until we meet again.
You will always be in my heart and thoughts,
My dear Mum and best friend.
Always and Forever,
Our hearts will always touch.
Always and Forever,
I love you so much
Hierdie inskrywing is opgedra aan my Skoonmoeder wat 5 jaar gelede die stryd verloor het teen borskanker.
Ek en my skoonma het die wonderlikste verhouding gehad, ons was beste vriendinne!
Kanker is ‘n siekte wat groot hartseer kan bring …..
Onthou hoe vroeër borskanker gediagnoseer en behandel word, hoe beter is die kans op sukses.
Ek speel nou so rukkie op my ander blogs en ook hier omdat ek wil



Oktober 4, 2008 at 7:35 nm |
Ek is jammer oor jou Skoonmammie! Beslis ‘n baie belangrike onderwerp, en ‘n moet vir elke vrou. Ek hoor nou die dag ‘n praatjie waar die dame Ma’s versoek dat hulle hulle dogters in die selfde asem as menstruasie moet vertel hoe hulle hulle borste moet ondersoek en die gevaartekens. ‘n Goeie gewoonte is nooit te vroeg om aan te leer nie.
Oktober 4, 2008 at 8:39 nm |
Baie, baie belangrik Pikkie!!!
Oktober maand is altyd vir my die mooiste maand, maar tog ook hartseer want pienk strikkies laat my deesdae dadelik aan my skoonma dink!
Oktober 4, 2008 at 9:09 nm |
Ja, die K bring baie hartseer, vrees, onsekerheid en trane! Ek gaan gereeld elke 6 maande vir mammogram en sonar. Geneigdheid tot knoppe, maar gelukkig sover niks om oor bekommerd te wees nie!
Oktober 4, 2008 at 9:23 nm |
Hi Ters, ek is bly jy het darem niks om oor bekommerd te wees wat dit aan betref nie. Sterkte vriending!!!! Ek dink aan jou!
Oktober 5, 2008 at 4:49 vm |
More Wipneus
Baie jammer oor jou skoonmoeder. ((( Wippie )))
Die groot K vra ongelukkig nie wie jy is, wat jy is en hoe oud jy is nie. Dit maak nie saak of jy ‘n familie lid, ‘n kennis of ‘n vriend / vriendin verloor aan kanker nie, dit bly ‘n baie hardseer saak. Tersia jy is so reg dat kanker baie hartseer, vrees, onsekerheid en trane bring.
Dit is elke vrou se plig om ter wille van haarself, haar familie en haar kinders gereeld mediese ondersoeke te laat doen. Moenie dink “ek is nog te jonk of dit kan nie met my gebeur nie” My beste vriendin is die 26ste Aug oorlede aan kanker op die ouderdom van 39 jaar.
Dames kyk na julle self !!
Oktober 5, 2008 at 2:38 nm |
Ek weet ‘n vrou MOET gaan, maar my vriendin het die aakligste ondervinding gehad met haar mammogram. Needles to say is ek nou bietjie skrikkerig… Lekke dom, ek weet. Terloops, daar was GEEN geskiedenis in haar familie van kanker nie. Ek se^ weer, dis a.g.v. al die snert wat in ons kos voorkom dat die groot K deesdae oral sy lelike kop uit steek.
Bossie, dis verskriklik. Sterkte.
Oktober 6, 2008 at 7:20 vm |
kanker is vreeslik, my eks se ma se oudste suster is nou seker so 2 jaar terug op 80 oorlede sy het borskanker en bloedkanker gehad, daardie lyding wat daardie moee liggaam moet verduur … dit is so hartseer (en soms in my oè so onregverdig).
My oupa is laasjaar oorlede aan slukderm kanker hy was net vel en been!
Oktober 6, 2008 at 8:33 vm |
Wip, dalk moet jy na die pienk strikkies kyk en sê: As gevolg van daardie pienk strikkie is jou en skoonma se bande vir ewig verbind. Jammer oor haar heengaan.
Oktober 6, 2008 at 1:26 nm |
Hi Wip,
Ek kom se net hello. Was een keer vir mamogram…was seker ‘n man wat daai masjien ontwerp het…was eina eina seer. Sal vir ons pienk strikkies gaan kry
Oktober 6, 2008 at 3:40 nm |
Ek onthou nou net van hierdie link op my blog. Dis daar regs-onder by dit lê my na aan die hart:
http://www.thebreastcancersite.com/clickToGive/home.faces;jsessionid=F85E56D3EAC3D2C1CFAF7D59B3639877.ctgProd04?siteId=2&link=ctg_bcs_home_from_ths_home_sitenav
Elke keer wat jy op die outjie kliek word ‘n bedrag (sente) deur die borge geskenk vir onder andere hulp aan mense wat nie behandeling en operasies kan bekostig nie. En dit kos jou niks. Tog iets om te boekmerk!
Oktober 6, 2008 at 3:41 nm |
Korreksie, elke kliek help een vrou om ‘n gratis mammogram te kry…
Oktober 6, 2008 at 10:15 nm |
Yahoo se tuisblad was nogal mooi toe dit die 1ste was, die hele agtergrond pienk met die strikkie. Jy het my ook so pas herinner aan my pienk strikkie was ek laas jaar op my blogger-blog gehad het gedurende Oktober, ek’s darem laks hierdie jaar!
Kanker is ‘n siekte wat soveel lewens eis, in my eie familie het ek al 3 verloor, my een oom aan beenkanker, wat nogal pynlik was, my ouma aan pynlose maagkanker, bly vir haar part dit was pynloos, want sy was toe al 92! Ek was ‘n paar jaar laas in SA vir ‘n goeie ondersoek..om presies te wees vroeg in 2003…hier het die suster daaroor nog niks gese nie alhoewel hulle nogal streng is met papsmeer-ondersoeke, hulle los jou nie! en dis die suster by die praktyk wat dit doen…heel anders as in SA.
Oktober 6, 2008 at 10:23 nm |
Ai wippie
die lewe is darem maar anders
dis erg wanneer jy dit uitvind. Maar my mammie het darem gesond geword. die dood is sleg, maar as dit jou tyd is, is dit jou tyd.
lief julle almal
lekker week
Oktober 7, 2008 at 2:51 nm |
Ek gaan ook maar gereeld vir daai ondersoek.
Oktober 7, 2008 at 4:12 nm |
Hi Bossie ek is vreeslik jammer om te hoor van jou vriendin. Ek stem ons moet na onsself kyk, dis so belangrik!!!
Roer, ek stem saam met jou, dis al hierdie dinge wat deesdae in die kos voorkom wat Kanker veroorsaak! Dit kan nie ouderdom wees nie, die word baie voorgegooi, maar ek weet van mense wat op ‘n baie jong ouderdom kanker kry!
Ag Meermin ek is so jammer oor almal wat julle al moes afstaan aan kanker. Hierdie siekte is regtig wreed.
Ogies, dis ‘n mooi gedagte! Maar die kanker sal ek altyd onthou, dit was so hartseer en sy het vreeslik gely!!!
Hi Sonneblom, daardie masjien is aaklig!!! Ek haat dit! Iemand moet ‘n beter ding ontwerp!!!
Lekker om jou weer hier te sien!
Nikita, ek is self ook maar laks met die goed he he
Stel dit altyd uit…..
Avie ek is bly dat jou mammie darem gesond geword het!! Hoop dit gaan goed met jou!!!
Hello Alta, ek is bly jy gaan darem gereeld vir die ondersoek, ek sal jou as ‘n goeie voorbeeld gebruik!!
Ek is jammer ek kom nie nou so gereeld by almal uit nie, dit gaan regtig baie dol hier! Maar ek mis julle verseker!
Oktober 7, 2008 at 4:13 nm |
Pikkie ek het daardie link gaan kyk en geclick, dankie
Oktober 7, 2008 at 10:09 nm |
Uiteindelik kan ek ok weer ‘n draai hier in jou kombuis kom maak. Sommer so ongenooid, maar daai slaai van jou sal beslis vorentoe smaak.
Ek is so bly dis nie net ek wat paranoid raak oor die “real life” nie, want hier by ons gaan dit deesdae ook ernstiglik oor die werklikheid; kontrakte, eksamens, tande kry, jaar-eind funksies . . . , en jy ken die rympie.
Sterkte daar by jou.
Oor die onderwerp, baaaaaaie belangrik!!
In ons familie is dit prioriteit aangesien my ma se familie al die soorte kankers het en julle weet natuurlik dat dogters dit van hul ma’s erf, so as jou ma se mense geneig is tot kanker, moet julle dames maar asseblief ekstra versigtig wees.
My oom is verlede jaar met keelkanker gediagnoseer en dit was werklik nie ‘n mooi gesig nie. Sy nek lyk nou nog soos iemand wat ernstige brandwonde op gedoen het – van die bestraling. My ma sel het 21 jar terug vir ‘n roetine pap smeer gegaan, daar is kanker gevind, sy is na die De Meulenaars in Pta en sy gaan nog gereeld vir opvolg ondersoeke, maar is nog “skoon”. Dis nie speletjies nie {en daar vat ek nou die hele storie oor en sê hopeloos te veel}
laat ek liewer loop voor ek te voor op die wa raak hier op Wip se blog.
Oktober 8, 2008 at 12:49 nm |
Ek moet ook gaan vir ‘n ondersoek. Was 2 jaar laas daar. Baie stout van my!
‘n Pragtige inskrywing.
Oktober 8, 2008 at 2:30 nm |
Haai daar neusie
Ek lees na die inskrywing dis wonderlik om te hoor van vrouens wat die stryd oorwin… Daar is n pragtige vrou met die naam van Janie du Plessis wat oorwin het, baie hartseer en moeilike tye deurgegaan het maar nou het sy besluit om die harley te vat saam met 12 vrouens en n rit kaap toe vir borskanker en om geld in te samel vir vrouens wat nie geld het vir n nuwe bors of borste nie.
Al my werknemers manlik en vroulik is deel van die pienk strikkie maand. Baie min mense verstaan die hartseer van so iets en ek dink ons moet vir die mans wie se vroue deur so iets gaan ook n gebed opstuur en bid vir hulle vir krag om hul vroue by te staan.
Sterkte aan elke vrou wat vir n mamogram gaan. Dit is seer maar onthou net dat dit baie seer voorkom.
Pragtige gedig
Oktober 8, 2008 at 7:04 nm |
Hello Saloompie ek het soooo na jou verlang!!!
Ek het ook nog net goeie dinge gehoor van die de Meulenaars! Miskien moet ek ook daar gaan draai!
Sterkte met die besige paar maande wat voor lê! Die ergste is hierdie besige storie hou aan tot die kers vakansie aanbreek!!!
Hi Paula, ek hoop dit gaan goed met julle
Mens moet maar gaan vir die dinge al is dit ook nou hoe sleg!!!
Hi Nickey
Dis wonderlik dat daar mense is soos Janie! Hulle probeer om die wêreld ‘n beter plek te maak, ek het baie respek vir sulke mense. Dis so waar wat jy hier sê Nickey die seer van die mammogram is nie ‘n 1/100 000 000 ste van die seer wat voorlê sou so iets jou wel tref nie.
Maar die ligstraal is dat daar wel ongelooflike wonderwerke plaas vind! Mense wat skoon is en nou weer die lewe hard kan lewe.
Ondersoek net jou borste en/of gaan vir ‘n mammogram!
Oktober 10, 2008 at 3:20 nm |
Ai ek was so lanklaas hier Wippie.
Jammer oor jou skoonma, ‘n goeie skoonma is defnitief ‘n juweel.
Oktober 12, 2008 at 1:35 nm |
Hi Eilandjie, jammer ek voel ook nou so min by jou in. Dit gaan regtig rof by ons!!
Ja my skoonma was ‘n juweel! Dit was ook vir my swaar om haar so te sien ly!