Tag – van Bottertjie

Bottertjie uiteindelik begin ek die storie nou regkry!!  :lol:

Sommer ‘n pot met helder kleurige blommetjies uit my tuin!

Aanhouer wen …….

My mense se gunsteling slaai:

Mango en Amandelslaai


Amandels, hetsy heel of in skyfies of splinters
2 Mango’s, in lang vingers gesny
Botter
Suurlemoensap
Slaaiblare, maar nie met ‘n skerp smaak nie

Braai omtrent ‘n halwe pakkie amandels in botter tot bruin (brand maklik). Skep uit en laat afkoel. Gooi die sap van ‘n halwe ryp suurlemoen by die warm botter en roer saam (dit is jou slaaisous). Meng alles saam en voila!! Dis heerlik as voorgereg of saam met vleis.

Die deel van my lewe wat ek “real life” noem, benodig op die oomblik my volle aandag.
Die dae is kort, dinge gaan vinnig, stresvol en boonop gaan ons vir die volgende paar weke baie uitstedig wees. Ons het groot kontrakte wat voor einde November moet klaar kom.

Die slegte deel van hierdie storie is dat ek net nie genoeg tyd of energie oor het om my geliefde “blogland” of “blogville”  te besoek nie!

Soos julle wat my goed ken seker ook opgemerk het, my hart was die laaste tyd nie meer heeltemal in die blog storie nie…… en ek hoop as ek terug kom om weer my ou self wees.

Maar wees verseker julle sal in my gedagtes wees en ek gaan julle mis!
Geniet die lente en mooiste, mooiste maand, mag die liefde aan julle kant blom!!!

Mooi bly Hugs

Toe-del-doe

Ns:  Welkom terug aan Ding en Jaco en Krista!   Dis vir my vreeslik lekker om julle weer raak te lees! :)

Daar is baie verjaarsdae hierdie maand!  Julle kan by my pages heel-bo loer onder spesiale fees-dae.

Baie geluk aan almal,  ek sal vir julle ‘n e-pos stuur!  ;)

Hier is my sertifikaat van Bottertjie!  Baie dankie ek het dit baie geniet en speel te lekker met hierdie nuwe stokperdjie!

Tags: , , ,

34 Responses to “Tag – van Bottertjie”

  1. Tersia Says:

    Dis altyd so lekker om hier te kuier! Gelukkig het ek bietjie tyd om hier te wees! Dit gaan bietjie dol, kry alles reg vir wanneer ouma en oupa die naweek kom om die kinders van volgende week af rond te ry! En ek kry steeds nie pantoffels vir die hospitaal nie! As mens ook nie met enige iets tevrede is nie! Lyk my ons koffie gaan koud word, never mind die bekers, want ons 2 kom nie daarby uit nie! Lekker dag!

  2. nickeybotha Says:

    Dit lyk baie lekker en jou blommetjies is pragtig! Dankie vir die resep ek gaan dit beslis probeer.

  3. boerinballingskap Says:

    Daai slaai lyk ONBEHOORLIK lekker. Drool, drool, drool….

  4. Bottertjie Says:

    Wow! Ja, as die gogga eers byt, is jy gehook!
    Sjoe, maar jy het pragtige blomme!

  5. Melanie du Toit Says:

    Ek kan nie wag vir my eie huis eendag met ‘n moerawiese tuin nie, dan kan jy vir my ‘n bottertjie skenk wat ek oral gaan plant!!!;-) en ‘n paar tips gee natuurlik

  6. Emil Says:

    Damn, maar daai slaai lyk heerlik. Ek is nou so honger! Ek is nou al behoorlik keelvol vir my eie kos en kan nie wag dat my vrou en kind die naweek terugkom sodat my dieet weer kan normaliseer nie!

    Moenie te veel stress oor kontrakte en dinge nie. As jy terug is – jy weet waar om ons te kry :lol:

  7. Krista Says:

    Sterkte, moet asb nie te lank wegbly nie!

  8. Pikkelik Says:

    Ag toggie, toggie!!! Mangoslaai!!! Hmmmm…. /me kwyl soos ‘n 7maande oue babatjie….. Ek mis jou al klaar!!! Daai scrapbooking is amazing… Ek kry dit om die dood nie reg nie…. Slimsiamees…. Moontlik het jy die brein en ek die vet gekry…. :cry:

  9. aventer Says:

    Ouma wippie…

    Bietjie raad asb asb asb asb

    http://choosegod.wordpress.com/2008/10/01/confusedagain-sigh/

  10. Louisa Says:

    Wow, daai slaai lyk vrek lekker. Gaan dit definitief probeer. :-)

  11. Wille kjind Q Says:

    Ouma Wip! Daai slaai lyk hemels. Jy moeti te lank wegbly nie. Wie gat my 3ling in toom hou?

  12. boendoe Says:

    Daai slaai lyk hemels… :roll:

    Moenie worry as jy bietjie skaars gaan wees nie. Die plek sal nog steeds hier wees as jy terugkom! :lol:

  13. Nikita Says:

    http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=53500&cat_id=160
    Pragtig!! en jy’t alweer ‘n kosserige iets om die lus te laat uithang!! :)

    almal wat hier lees, volg die link en kyk of jy JA kan stem vir Afrikaans!! jammer dat ek jou ook kom “spam” met ‘n link! :)

  14. Alta Says:

    Alles lyk so vrolik en nou het jy my sommer honger.

  15. Zee Says:

    /me now very jealous!!! Jou scrapbooking is pragtig. Wipneus, gaan doen wat jy moet doen, ons wag…..

  16. kaalvoetinireen Says:

    Hier is nie ‘n mango van ‘n dag oud in Korea nie!!! Mens kry dit nie hier nie…so, ek kwyl maar!

  17. meermin Says:

    Geluk met jou sertifikaat!!!!! Daardie slaai lyk HEEEEEERLIK!

  18. Verons Says:

    Ai man nou kwyl my bek behoorlik en die ergste van als is ek is glad nie mal oor mango’s nie maar ek gaan beslis die een probeer………….. Sterkte met die werk wat voorlê.

  19. rosalindfranklin Says:

    Okay verstaan, maar gaan jou mis…..! :)

  20. 014inge743lubbe Says:

    EK HET JOU MANGO GEDOENTE PROEBEER EN DIT IS WONDERS

  21. Paula Says:

    Jou foto lyk baie mooi … ek wens ek kon dit regkry :(

  22. Nikita Says:

    Sjoe! Eers dog ek ek’s op iemand anders se blog! :) Dit lyk nou sommer “anders” hier! Mooi man! Was jy lus vir ‘n verandering? :)

    Wipneus, dankie vir jou stem, maar ek dink meer ouens moet bietjie hul stem gaan los en op daardie link kliek wat ek hier gelos het. Ons het daardie ondersteuning nodig vir Afrikaans! Asseblief ouens! Ek sit op my kniee.. LOL! jy hoef verseker nie jou regte naam in die blok te sit nie…ek het selfs ‘n paar Engelse skaakspelers gekry wat gaan stem het, dus….dankie byvoorbaat!! dankie Wipneus dat ek hier die guns kan vra! Ek weet jy sal nie omgee nie!

  23. A3 Says:

    Ek dink die tyd van die jaar raak alles net TE besig. Moenie teveel stres nie, alles sal op die ou end uitwerk. Mens moet net besluit waar om te vat en waar om te los maar moet nie te lank wegbly nie hoor!

    Dankie vir die slaairesep. Sal dit verseker by die see maak. Luv u

  24. A3 Says:

    O ja….. die belangrikste wat ek wou se is geluk met jou sertifikaat. Ek is so deurmekaar. Gister aand gaan oefen ek sanggroep. Niemand daar by die kerk nie, net die koster. Ons oefen eintlik Donderdae nie Woensdae. Dis ‘n seker teken dat dinge nou te vinnig gaan.

  25. ciskarene Says:

    “Die slegte deel van hierdie storie is dat ek net nie genoeg tyd of energie oor het om my geliefde “blogland” of “blogville” te besoek nie!”

    Terwyl jy weg en besig is, dog ekke ek rss jou ma op my blaai!..Dankie vir jou besoeke al ken ons mekaar nog nie sooo goed nie jou site baie oulik ek vrek oor die prentjies!

  26. Alta Says:

    En nou is ek weer honger.

  27. Sonkind Says:

    In die somer is ek ‘n slaai-verslaafde. Dankie vir hierdie een – dit lyk lip-aflek-lekker!

  28. Wipneus! Says:

    Hi Ters, toemaar binnekort drink ons elk 2 koppies koffie en eet ‘n groooot stuk koek! Ek hoop jy het al jou pantoffels gekry! Sterkte vir jou!

    Hi Nickey dankie, die resep is vir ons regtig baie lekker :razz:

    Bib dit is om van te drool :lol:

    Bottertjie dankie, jy het my hals oor kop laat verlief raak op hierdie scrapbooking :lol:

    Melanie, tuinmaak is soooo lekker! Dis my gunsteling stokperdjie! Ek gee met graagte tips! ;)

    Emil ek kan my voorstel dat jy ‘n fantastiese naweek het met die dat jou geliefdes weer terug is!! Lekker eet!! :lol:

  29. Wipneus! Says:

    Hi Krista, dankie, sterkte vir jou ook met die eksamens! :)

    Pikkie jy moet kyk Bottertjie het alles mooi verduidelik op haar blog!!! :) Anders vra jy jou liefie mooi om vir jou ‘n program te koop :razz:

    Avie, sterkte, geniet Pretoria!! :)

    Hi Louisa, geniet jou besige naweek :lol:

    Wille kind, as drieling stout raak, sms my!! :twisted:

    Boendoe ek is gelukkig besig om van die blog verslawing storie genees te raak whahaha :lol: Nooit gedink ek sou dit sê nie!!!

    Nikita ja almal moet asseblief gaan stem!!!!!

    Alta ek hoop jy het ietsie lekker geëet om die luste te bevredig :twisted:

  30. Wipneus! Says:

    Zee ek hoop julle hou baie lekker vakansie!! Foto’s asb!!! ;)

    Kaalvoet, ag ek is sooo jammer julle het nie mango’s nie!! :lol: Lekker langnaweek hou! Hoop ek kry al die nuus!

    Hi Meermin dankie, dis is baie lekkerrrr! :)

    Verons ek is ook nie lief vir mango’s nie, eet dit net in die slaai! Kan jy glo? :lol:

    Rosie, ek is bly om te sien jy is terug!! Ek is nog nie terug nie, het net gou my Saterdag gebruik om my blogs op datum te bring en my blogmaats se inskrywings op te vang!!! ;)

    014inge743lubbe welkom hier onder die maan en sterre! Ek is bly die slaai was lekker!!

    Paula baie maklik man, jy moet net die programme hê! whahaha :lol:

    Nikita ja ek het verander en hom weer terug verander!! Die blog was vir 3 dae verander en is weer terug na sy ou plek!!! Dit gaan so in my huis ook, ek skuif die goed rond en bont en môre staan dit weer op dieselfde plek!!! whahahaha :lol:

  31. Wipneus! Says:

    A3 nie alweer nie, jy gaan nog jouself ook verloor! whahaha :lol: Ek lag altyd vir jou manewales as jou doggie my die nuutse voorblad nuus vertel!!! Geniet die tyd by die see! :)

    Hi Ciska, baie dankie jy is ‘n sterretjie! Ek geniet jou blog net so baie!!!

    Alta vriendin jy bly honger!! Whahahaha :lol: Hoop jy het ‘n lekker naweek!

    Hi Son, ek is ook baie lief vir slaai in die somer! Jy kan hierdie een verseker maak :razz:

  32. ding Says:

    Wippie! Baie, baie dankie vir jou verwelkoming. Dis nou wragtagwaar ook bedagsaam van jou, man! Jy laat nou sommer vir ou Ding rustig raak.

    Ding het nou hierdie blokhuis van jou beloer – nie te veel nie, dis mos anner mens se huis – maar van dit wat ding nou hier gesien het, kan Ding nie help nie as om te sê hierdie blokhuis van jou het vir Ding eietyd ‘n huis laat onthou waar Ding een aand laat voete op die deurmatjie afgevee het, binnegetree het en gevoel het Ding het al ‘n lewe daar gelewe. En om daardie onthou van daardie Donderdagaand huis aan jou blokhuis te koppel – jy sal nie weet nie – maar dis sowaar sowaar die grootste kompliment onder die son, maan en sterre wat Ding jou kan gee.

    Net dalk sal nie die maan en die sterre daarvan getuig nie, maar net miskien sal die Son kan.

  33. neykie Says:

    Geluk met die sertifikaat Wippie.

    Mag jy ‘n wonderlike dag en week he.
    :wink:

  34. Wipneus! Says:

    Hi Ding
    Dankie vir jou mooi woorde. Ek is soooo bly jy is terug, ons het iemand soos jy nodig gehad in die wêreld.

    Ek voel net so tuis daar by jou, so asof ek sommer kaalvoet daar op die stoep kan sit en regmaak vir ‘n lang kuier. Met ‘n blikbeker koffie in die hand. Niks voorhou…..net wees…. hemels…. beter as die maan en sterre…..

    Ek weet die Son kan getuig waarvan jy praat…… o ou Ding ek weet presies wat jy hier vir my vertel! ;)

    Dankie Neyksie, jammer ek kom nie nou so baie by jou uit nie dit gaan regtig dol by ons! Maar ek verlang baie. Jy kan enige tyd vir my e pos stuur hoor!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.