Sondag krabbel…

Oktober 12, 2008


Ek het deesdae ‘n “to-do-list” wat so lank soos ‘n toilet rol is….

Die ergste is niks word van daardie lys geskrap nie.

Ek moet vakansie planne maak.  As jy dit nie nou doen nie, kan jy maar los.  Ek dink dis in elk geval te laat …..

Dan die ander klein dingetjies, vorms moet ingevul word, Seun se eksamen gelde moet betaal word, rekeninge moet betaal word, karre moet vir diens geboek word, ek moet oefening inkry, vriende besoek, dan moet ek nog lewe ook…. o ja, ek moet iets sinvol op my blog plak ….. blah, blah, blah…..

Dan jaag ons nog om die kontrakte klaar te kry daar kom ons darem êrens!  :razz:

Nee ek dink ek moet net alles begin ignoreer, miskien sal dit vanself verdwyn….

whahahaha :lol:   Sê net asseblief vir my dit gaan ook so dol by julle, dan sal ek beter voel  :twisted:

Ns:  O ja…… en ek het my beursie oopgemaak om my boek te gaan koop!  My geldjie het gebrand om belê te word.   Wat is nou lekkerder as om dit te gaan uitgee by Exclusive books.  Dus ek het vandag opsy gesit om te lees, ek kruip weg met ‘n boek onder die bome!!!  :razz:

Lekker week almal.
Groete
Ns:  Hierdie blog hang op die oomblik so bietjie, maar ek gaan probeer om meer op my ander blogs te skryf.
Die skakels is langsaan!

‘n Geheime plekkie….

Oktober 8, 2008

Ek swaai die groot swaar antieke deur oop na my geheime tuin…..  Ek verbeel my ek sien vlerkies tussen die rose.  Daar is die sagte geluid van water wat oor die klippe kabbel …… dis dig toe gegroei met bome en struike… daar is ‘n paadjie wat na êrens lei….

Ek loop op die mosbegroeide paadjie, die blare word liggies deur die wind gekielie…swiesh…swiesh…dan is daar ‘n plekkie links …….skoenlappers vlieg orals rond in die helderste kleure……

Die heelal sing die mooiste lied ….

Ewe skielik is daar hierdie wonderlike asemrowende plek voor my, ek is sprakeloos, dis sprokiesagtig en orals hang die geure van liefde en vrede…  Dis die paradys, tuin van Eden.

Nee ek was nog nooit in die Paradys nie, wel ek was amper daar maar nog nie!

Maar ek het  hier op aarde ook so Paradys, waar ek liefde en vrede kan vind.  Dis nou nie so groen en magical soos in my drome nie, maar dit is die plek waar ek liefde en geluk voel en kry ….  dit lig my op dat dit voel of ek in die hoogste wolke sweef…

Daar kom vrede oor my, ek raak kalm en aanvaar  enige ding wat die lewe na my kant toe gooi…    ‘n Engel lewe ook in hierdie paradys van my ….. ‘n  “Guardian angel”

In hierdie plek blom die blomme van jou hart in wonder mooi kleure.  In die lug hang soet geure van liefde, aanvaarding en empatie…..

Hierdie is nie die Paradys, dis maar net ‘n doodgewone tuin…..

Ek is nie altyd in La-la land nie, soms het ek vreeslik geite wat uitpeul, soos hier!

Dan kry ek skaam soos die Pixie hieronder….. maar ook nie vir te lank nie.  Want wat my mond van oorloop is my hart gewoonlik van vol.   ;)

Hierdie inskrywing is hoofsaaklik gemaak,  omdat ek vir Bottertjie baie dankie wil sê vir my pragtige header.  Ek dink dit is “Magical”

Ons is nog vrek besig, daarom dat hierdie ‘n foto inskrywing is.  he he  Maar met die eerste reën sal ek weer hard op my lande kom ploeg!!  ;)


Groete

Click op die foto om dit groter te sien!

Dan het ‘n groot gees besluit om ook ‘n blog oop te maak!!!

WELKOM WHITE KNIGHT!!!!

Ek weet sommer ons gaan lekker kuier by jou!!!

Pienk strikkie

Oktober 4, 2008

Kry ‘n passie vir pienk…..

KANSA (Kankerverenging van Suid-Afrika) versoek alle vroue om hulle borste elke maand te ondersoek om borskanker vroeg op te spoor en lewens te red. KANSA bevorder bewustheid van borsgesondheid tydens Oktober, wat ook internasionale Borsgesondheids-maand is.

Vandeesmaand gaan vroue wêreldwyd pienk linte dra om mekaar te herinner en aan te moedig om borskankerbewus te raak.

Die algemeenste waarskuwingsteken van borskanker is ’n verdikking of knop in die bors. Vroeë diagnose en behandeling verbeter ’n vrou se oorlewingskanse en verminder die behoefte aan ingrypende chirurgie. Hoe langer die vertraging voor die kanker gediagnoseer en behandel word, hoe groter die kans dat die kanker deur die liggaam sal versprei, en hoe kleiner die oorlewingskans.

Talle van die faktore wat vroue in gevaar stel om borskanker op te doen, is ongelukkig buite hul beheer. Maar hulle kan beslis hul oorlewingskanse verbeter deur ’n gereelde ondersoekprogram te volg, op die uitkyk te wees vir veranderings in hul liggame en deur hulself goed op te pas.

Wat is ‘n mammogram?

Dis ’n lae dosis bors X-Straal wat kanker in die bors kan opspoor selfs nog voor ‘n knop gevoel kan word. Dit is tans die beste metode van opsporing. Indien jy oor 40 is, is dit raadsaam om ‘n mammogram elke 1-2 jaar te hê. Dit word egter nie vir vroue onder 40 as ‘n roetine ondersoek aanbeveel nie.
‘n Mammogram kan kanker opspoor jare voor jy kan.

When I laid there beside you,
Could you feel me there?
My arms were wrapped around you,
And I was stroking your hair.

I was talking about all the good times,
For me they were every single day.
I wanted you to feel love and comfort,
And happy in some way.

I watched your every breath,
And prayed that each one wasn’t your last.
The time we got to share together,
Went by too quick…Too fast.

I wanted you to wake up,
Please Mum…Open your eyes.
Tell me this is a nightmare,
And not our goodbyes.

As your last breath grew closer,
We layer there peacefully together.
My heart continually breaking,
Because I wanted you forever.

Then there it was,
Your final breath of air.
I didn’t want to believe it,
This is so cruel and not fair.

I held your beautiful face,
And prayed you’d breath again.
I wasn’t ready for you to go,
I couldn’t admit that this was the end.

But then I realized that you were now in peace,
And not suffering anymore.
You were beginning the life of an Angel,
And your body would no loner be sore.

I held you close and squeezed you tight,
And tried to say goodbye.
I’ve lost my Mum and my number one best friend,
All my heart could do is cry.

I slowly got up,
I wanted so much to stay.
I leaned over and gave you one more kiss,
It was so hard to walk away.

Mum you are my entire world,
And I miss you so very much.
I wish I could feel your loveable cuddle,
And your soft and gentle touch.

But for now I have to wait,
Until we meet again.
You will always be in my heart and thoughts,
My dear Mum and best friend.

Always and Forever,
Our hearts will always touch.
Always and Forever,
I love you so much

Hierdie inskrywing is opgedra aan my Skoonmoeder wat 5 jaar gelede die stryd verloor het teen borskanker.

Ek en my skoonma het die wonderlikste verhouding gehad, ons was beste vriendinne!

Kanker is ‘n siekte wat groot hartseer kan bring …..

Onthou hoe vroeër borskanker gediagnoseer en behandel word, hoe beter is die kans op sukses.

Ek speel nou so rukkie op my ander blogs en ook hier omdat ek wil :mrgreen:

Cansa/Kansa

Krediet vir gedig: Ranja Kujala

Tag – van Bottertjie

Oktober 1, 2008

Bottertjie uiteindelik begin ek die storie nou regkry!!  :lol:

Sommer ‘n pot met helder kleurige blommetjies uit my tuin!

Aanhouer wen …….

My mense se gunsteling slaai:

Mango en Amandelslaai


Amandels, hetsy heel of in skyfies of splinters
2 Mango’s, in lang vingers gesny
Botter
Suurlemoensap
Slaaiblare, maar nie met ‘n skerp smaak nie

Braai omtrent ‘n halwe pakkie amandels in botter tot bruin (brand maklik). Skep uit en laat afkoel. Gooi die sap van ‘n halwe ryp suurlemoen by die warm botter en roer saam (dit is jou slaaisous). Meng alles saam en voila!! Dis heerlik as voorgereg of saam met vleis.

Die deel van my lewe wat ek “real life” noem, benodig op die oomblik my volle aandag.
Die dae is kort, dinge gaan vinnig, stresvol en boonop gaan ons vir die volgende paar weke baie uitstedig wees. Ons het groot kontrakte wat voor einde November moet klaar kom.

Die slegte deel van hierdie storie is dat ek net nie genoeg tyd of energie oor het om my geliefde “blogland” of “blogville”  te besoek nie!

Soos julle wat my goed ken seker ook opgemerk het, my hart was die laaste tyd nie meer heeltemal in die blog storie nie…… en ek hoop as ek terug kom om weer my ou self wees.

Maar wees verseker julle sal in my gedagtes wees en ek gaan julle mis!
Geniet die lente en mooiste, mooiste maand, mag die liefde aan julle kant blom!!!

Mooi bly Hugs

Toe-del-doe

Ns:  Welkom terug aan Ding en Jaco en Krista!   Dis vir my vreeslik lekker om julle weer raak te lees! :)

Daar is baie verjaarsdae hierdie maand!  Julle kan by my pages heel-bo loer onder spesiale fees-dae.

Baie geluk aan almal,  ek sal vir julle ‘n e-pos stuur!  ;)

Hier is my sertifikaat van Bottertjie!  Baie dankie ek het dit baie geniet en speel te lekker met hierdie nuwe stokperdjie!

Ek wil jou ken ….

September 29, 2008

Soms is dit vir my baie moeilik om ‘n wag voor my mond te sit.  Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor…..

Mens dink jy ken jouself, maar as jy die mense in jou huis vra hoe hulle jou sien, is jy soms verbaas!

“Maar ek is nie so nie” antwoord jy dan vinnig, reg om jouself te verdedig!

Helloooo??  Wake-up and smell the coffee my dear!

Hier is wat “ek” dink ek graag sê

Bring die Emsie Schoeman boek

Use your brain pumpkin

Divine

You shine baby!!

Ek is nie van hierdie planeet …

Gorge of georgeous

My ouma het gesê as jy kan lieg, kan jy steel en as jy kan steel kan jy moor!

Ek vra toe vir “jongste” wat hy dink ek graag sê:

Bring die Emsie Schoeman boek

Sies!! Disgusting

Divine

Niemand is dom nie, hulle is net te lui om hulle breinselle vir oefening te neem

Moenie soos ‘n perd met klappe deur die lewe gaan nie

Ek skaam my dood….

Maak gou….

Die “moral” van die storie, ek moet leer om te dink voor ek praat :razz:

Ek bedel altyd Rustig se resepte, elke resep wat ek van hom kry is ‘n treffer en kom in my spesiale resepte houer!!!

Wipneus is bekend daarvoor dat sy te veel kos maak!  Dus maak ek 2 van die poedings, net vir die wis en die onwis!!!  whahaha  :)   My gesin is mal hieroor, dis vreeslik lekker!  Baie dankie Rustig.

Iemand kon nie wag nie en het solank weggelê ;)

Spuit bietjie Room op!!

Dan net so paar spuite van ‘n soet dingetjie.

Voila!!!

Rustig se mikrogolf malvapoeding resep is hier

Ek gaan bietjie besig wees met ander dinge!

Hoop julle het ‘n lekker week verder

‘n Moer storie …..!

September 27, 2008

“Rooi baadjie”

Wipneus het vertroebelde bloed.  Ja glo dit maar, my oupa aan vaderskant was rou Brit, wat teen die Afrikaners kom oorlog maak het!   Hy het nooit terug gegaan Brittanje toe nie.  Hy het sy vrou en 2 seuns hier na SA toe laat kom.  My Dad het egter later terug gekeer na  Brittanje om te gaan studeer.

My “Dad” het my vertel my oupa was ‘n vreeslike man.  Baie beduiweld en altyd paraat, reg vir oorlog!!  :mrgreen:   Hy het byvoorbeeld ‘n sekere plek vir hom afgebaken,  lank na die oorlog,  en niemand mag voet daar gesit het nie.  Hy het met sy oorlogsvoering daar rond gemasjeer in sy koninkryk!!

Jan Smuts se goedjies

My oupa aan moederskant was weer stoere boer, en het pen orent gespring as hy die naam Jan Smuts hoor.  Groot liefde gehad vir die man.  Geen hertzog koekies was is in ons huis toegelaat nie.  Dit moet Jan Smuts koekies wees.

Ek onthou in die gang het daar prent gehang van Strijdom en ‘n Potret so blink foelie affêre van die monument.  Daarop het gestaan:   Ons vir jou Suid Afrika….

So terug van Brittanje ontmoet my Dad my ma, Rou brit en Rou Afrikaner vry nou in “Fanagalo”  Hoe vry mens as jy mekaar nie verstaan nie?  Dit was ‘n gevry in brabbel taal.

My ma op haar troudag

Die dat ek vandag nog nie weet aan watter kant van die draad ek moet wei nie….

Ek is soos ‘n bok wat verlore geraak het!

Paul Kruger se goedjies

Om alles nou nog verder te vererger, trou Wipneus met Teddie wat ‘n goeie sterk Afrikaanse bloedlyn het.  Hy is direkte afstammeling van Paul Kruger se vrou.  My ma sê dis hoekom alles so mal gaan in hierdie huis

Ons vry nou wel nie in “fanagalo” nie, maar soms praat ons oor en deurmekaar.  Ons kinders het ook andersoortige maniere…..  Met ander woorde hulle het ook hierdie “moer” streep weg.

Ek was bv nie geleer om Tannie en Oom te sê nie, en wou my doodlag as Teddie aandring dat ons kinders ander mense moet Oom en Tannie wat nie ons bloed deel nie!!!  Hy het naderhand moed opgegee, kon dit seker nie hou met die vrou wat histeries en dubbelgevou aan die lag gaan oor die vreemde ding wat hy ons kinders wil leer nie…..

Die ander ding is Pap, ek het my doodgeskrik toe ek sien my geliefde se ouers gee vir hulle ontbyt vir aand-ete.  Ek het daardie aand vir my ma gesê die mense moet seker vreeslik arm wees.

My en Teddie se begin jare was dus die oorlog van vooraf!!!  Ons moes skaaf en baklei om mekaar te verstaan….. Dit was ‘n totaal moer storie…. amper soos potjiekos… alles ‘n deurmekaar gemoerery …..

Dus volgende keer as julle sien ek is besig om dit te verloor, betoon simpatie….. want ek sien myself net soos my Rooibaadjie Oupa agter die kanon….

Moet dus ook nie verder wonder hoekom ek so groot liefde het vir kanonne nie……

Klop net aan my blog se deur as julle van my dienste wil gebruik maak.

Met my R4 oor my skouer is ek gevaarlik!!  Ek is altyd besig met die een of ander oorlog …..

Onthou net die password is:

ROOIBAADJIE

:lol:

~~~~

Fotos geneem by die oorlogsmuseum in Johannesburg – Canon 40D

Hierdie inskrywing is opgedra aan my moeder, wat gister verduidelik het hoekom Wipneus soms ‘n gruwelike humeur ontwikkel  ;)   he he

Jou slegte mens!!!

September 25, 2008

“Wipneus se  baba:  Shane

Oudste en sy liefie het pas ‘n baba ryker geword,  hy is al 3 maande oud.   Hier is ‘n foto, sy naam is Maximus aka Gladiator.  So klein baba met so groot naam!  :lol:

Maximus

Teddie en oudste is besig om 1 800 kilometer af te lê.  Hulle toets op die oomblik paaie in Marble Hall omgewing. Nie eindelik hulle werk nie, maar die nuwe “uitvinding” moet eers self uitgetoets word, om te kyk of dit die regte data deurstuur.  ;)

Vandag cruise hulle te lekker in die Jeepy …….  My aarde Gert wat het ons hier,  vra hulle soos Johannes Kerkorrel!!  :shock:    :shock:

In die middel van die pad kruip ‘n diertjie rond.  Remme word aangeslaan dat jy net “tyre” strepe sien lê.

Teddie en oudste wip uit die kar, om die storie van nader te gaan bekyk!

Dis ‘n hondjie …… amper dood……hulle tel die hondjie op en hoor nog hondjies tjank.  Hulle begin bymekaar maak en kort voor lank is daar 6.  Almal se tonge hang uit – hulle is naby laaste asem uitblaas.  Hulle word dadelik Valprè water ingejaag!!

Die toetsery word net hier gestaak en daar word terug gejaag Marble hall toe vir melk, met 6 tjankende brakkies agter in die kar.  My manne sê hierdie was die moeilikste rit wat hulle nog ooit in hulle lewe moes maak!    Die hondjies  word melk ingejaag en is daarna doodstil en lê lekker en slaap.  Die “wesies”  toets toe die res van die dag saam met Teddie, oudste en Maximus, natuurlik met melk-drink sessies elke 2 ure.  Nodeloos om te sê daar was nie vandag veel gewerk nie.

“Die 6 weeshondjies in Maximus se bed”

Teddie vertel die heel agterste enetjie het die heeltyd honde nagmerries gekry!  :(

Terug in Centurion het my manne die hondjies na die DBV toe geneem.

Daar moes eindelik 8 hondjies gewees het, maar 2 het agtergebly want hulle was klaar dood.

Groot manne het trane in hul oë gehad toe hulle hierdie wrede storie vir my vertel, ek voel ook sommer siek!

~~~~

Watter siek mens, gooi diere weg in die bloedige hitte, in die middel van die pad, in die middel van nêrens??

Hulle moet van honger, dors en hitte-uitputting maar self doodgaan!!

Ons hele huisgesin is emosioneel oor hierdie wrede aksie van een of ander siek “mens“!!

Ons dink nie hy is werd om ‘n mens genoem te word nie.

A Prayer For Animals

Hear our humble prayer, O God, for our friends the animals,
especially for animals who are suffering;
for animals that are overworked, underfed and cruelly treated;
for all wistful creatures in captivity that beat their wings against bars;
for any that are hunted or lost or deserted or frightened or hungry;
for all that must be put death.

We entreat for them all Thy mercy and pity,
and for those who deal with them we ask a heart of compassion
and gentle hands and kindly words.
Make us, ourselves, to be true friends to animals,
and so to share the blessings of the merciful.

- Albert Schweitzer

Botter se tag en braaidag!

September 24, 2008

Oorspronklike foto

Bottertjie hier is hy uiteindelik!  Mens kan dit natuurlik baie mooier maak, maar dis braaidag  ;)

Ek het myne gedoen met photomix!

Môre-oggend as die winkels oopmaak, is ek voor die deur ….. ek gaan vir my ‘n “Digital-scrapbook” pakket koop.  :mrgreen:   Die gogga het gebyt!  :)

Nou vir die braai stories!!!

My Afrika braaiplek, die lelike emmer is die koi kos!! :mrgreen:

Ek lê en kyk hoe daar gebraai word :mrgreen:

Hoop julle smul ook so lekker!

Lekker week verder  …….

Wipneus

Die liefde

September 22, 2008

To Grow Old Together

By: Michael Cunningham

Hands that now tremble and shake as they reach to hold mine.
Hands that I kiss and hold tenderly and will throughout time.
Hands that warm my heart with more heat then even our sun.
Hands that I will love and cherish until our time here is done.

Lips that you press hard against my now old and wrinkled cheek.
Lips that tell me that your heart still has all its passion and heat.
Lips that I kiss with all of the tenderness I feel for you in my soul.
Lips that still excite me to the point that I nearly still lose control.

Eyes that are still beautiful though hazed over and frosted with time.
Eyes that see my soul clearly and continue to love this heart of mine.
Eyes that look at me with admiration even when I am not at my best.
Eyes that healed my soul and gave me courage to challenge any quest.

You came and sat beside me lying your head so sweetly on my shoulder.
You awaken memories of passion and love that did and still do smolder.
You have owned my heart and soul from that beautiful day we first met.
You are my soul-mate, my forever, and the miracle that God to me sent.

In my arms I hold you tightly while the daylight of our lives fades away.
In our hearts there is undying love though our bodies turn old and gray.
In each others arms knowing that our mate may not be here tomorrow.
In our heart our mate will be there to help us through this great sorrow.

If tomorrow the sun shines, I hope that I am blessed to see you there.
If we are still together then that means God has answered my prayer.
If though you awaken to find you face alone all life’s stormy weather,
If you listen to your heart I am there holding you we have just begun
TO GROW OLD TOGETHER!

Noudat ek ouer is verstaan ek hierdie gedig baie beter.
Die liefde en saam oud word!
Mens kan verkeerde keuses maak, jou keuse oor jou “soul mate” huweliksmaat is seker die belangrikste keuse wat jy ooit in jou sal lewe sal moet maak of gemaak het.
Die liefde is ‘n snaakse ding, hulle sê dit kan jou maak of breek.
Jy moet tot oudag toe met jou keuse saamleef!   Dis regtig ‘n leeftyd!
Sê nou net ek het die verkeerde keuse gemaak…..
Ek het amper…..

Die taal van die liefde:
Die eerste keer toe julle verlief geraak het…..
Onthou jy nog hoe mooi en sag julle met mekaar gepraat het?
Onthou jy nog hoe julle gesê het:  “I love you” aan die einde van elke telefoon gesprek.
Hoe julle diep in mekaar se oë gekyk het terwyl julle gesels?
Hoe julle aanmekaar geraak het as julle verby mekaar loop! (bloos-bloos)
Die gecuddle op die bank as julle tv kyk!
Ek onthou hoe ons handjies gehou het oppad klas toe ….
Onthou jy nog?
Dan onthou ek ook hoe opgewonde ek kon raak,  as ek iemand anders van hom vertel het.
Ek was verlief en daar was sterre in my oë, onthou jy?
Hoe ek opgewonde op en af gespring het as daar ‘n briefie of twee van die grens, in die posbus lê  ….
hoe ek maandeliks sy grenspakkie vol liefde gepak het….veral met gekookte kondensmelk…
tot laat in die nag die kondensmelk gekook het , een aand per ongeluk aan die slaap geraak het en  blikke kondensmelk het ontplof.  Dit was ‘n mass destruction van kondensmelk…….‘n nare gesig…..
Die volgende dag eksamen moes skryf sonder slaap, doodmoeg en siek vir kondensmelk.
….alles in die naam van liefde
My korporaal teddie, wat jou plek moes inneem het toe jy in Angola baklei het…..
Hier hou ek “Gogga” vas!!!
As mens so verlief is, is dit ook baie moeilik om fout te vind, alles is maanskyn en rose….
Dit is die taal van die liefde….
Wanneer ons ouer raak, en die lewe gebeur met ons
….. vergeet ons soms van mekaar, reken ons dit is vanselfsprekend dat ons maat daar moet wees, ons is besig om te jaag na wind.  Daar is rekenings wat betaal moet word, kontrakte moet klaar, die kinders soek aandag …….
Môre mag dalk te laat wees…..
Praat julle nog die taal…………….
Die taal van die liefde?

Ons hou nogsteeds handjies vas :oops:

Huidige verslawings – tag

September 21, 2008

Update:  Ters verjaar vandag, baie geluk Tersia ek hoop die nuwe jaar gaan vir jou net mooi dinge inhou!

Liefde

Louisa het my getag om my 5 verslawings te noem.  Jammer ek is laat Louisa, eerder laat as nooit :oops:
Toe ek vir Teddie hierdie huiswerk noem, het hy sommer die 5 plus verslawings met ‘n spoed afgerammel :mrgreen:

Natuurlik was die eerste verslawing wat hy genoem het:

  1. Blog ….. ek kan nou al goed multi-task ek werk en blog gelyktydig (met meer as 1 rekenaar, hoe dan nou anders)  :mrgreen:
  2. Shop veral handsakke, skoene en feëtjies  ;)
  3. Sigarette  (Vogue slim, ek moet ophou, Arghhh mens moet die lelike gewoonte ten minste met styl doen)  :shock:
  4. Lindt sjokelade en Boeke (ek eet net sjokelade as ek met ‘n lekker boek sit of ‘n lekker blog ontdek het, waar ek ure kan spandeer)
  5. Koffie ek wil liewers nie noem hoeveel cappuccinos ek per dag drink nie

My teddie sê ek is heeltemal verslaaf  aan organiseer.

Ek “organize” alles en almal…..

Mens sou dink ek werk in die “Withuis”  whahahaha  :lol:

Hierdie verslawings van my is deur my Teddie gegee, ek sou sê dat ek eerder aan musiek

verslaaf is, daar is altyd musiek in my lewe ;)

Wat is julle verslawings?

Hoop julle het ‘n lekker week

Wipneus

Ns: Wipneus het gou ‘n paar inskrywings gedoen, Pikkie gaan die horries kry as sy sien hoe min het ek geblog!!  whahaha :mrgreen:

Maar ek het darem baie op my ander blog geskryf


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.